Monday, March 16, 2009

STEM IN DIE BUITELAND

Só kan Suid-Afrikaners in die buiteland te werk gaan om te verseker hulle kan op 15 April stem: (Beeld 13 Mrt 2009)
· Maak seker jy het jou identiteitsdokument by jou en besoek http://www.elections.org.za/ om te verseker jy is geregistreer.

· Laai die VEC10-vorm af van dieselfde webwerf of kry dit op Beeld se webwerf. ( klaar ge-attach hierbo)
· In dié vorm moet jy vermeld by watter Suid-Afrikaanse konsulaat, hoë kommissaris of ambassade jy wil stem.
· Stuur jou ingevulde VEC10-vorm na die volgende e-posadres: vec10@elections.org.za. Of faks dit na +2712 428 5566 of +2712 428 5279
· Jy kan dit ook pos na Hoofkiesbeampte, Verkiesingskommissie, Posbus 7943, Pretoria 0001, Suid-Afrika.
· Die vorm moet me. Pansy Tlakula, hoofverkiesingsbeampte, voor 27 Maart 2009 bereik.
· Stem by jou naaste konsulaat, hoë kommissaris of ambassade op 15 April.

AS JY EEN KEER VOORHEEN GEREGISTREER WAS AL IS DIT 10 JAAR TERUG KAN JY NOU OOK STEM. JOU REGISTRASIE VERVAL NIE.

Dit vat 5 minute om die boonste te doen. Doen dit asseblief.

STEM OF HOU JOU BEK!!!!!

Recently Updated Expat Blogs: